music

Adam Tas

Afrikaans, Rock
Adam Tas

Die naam Adam Tas verwys nie vandag na die vader van geskrewe Afrikaans van die 1600s nie, maar die gewilde Afrikaanse sanger wat groot opskudding in die musiekbedryf maak.  

Van ‘n klein begin in Hatfield, Pretoria tot ‘n Guiness Wereldrekord sing Adam Afrikaans met sy 'Rock' ondertoon menigte se harte warm.  Maar sy toekomsplanne het nooit musiek ingesluit nie, waar ‘n fietsongeluk sy liefde vir die kunstipe gekweek het.

Adam is op die 25 Augustus 1981 in Pretoria gebore. Hy het by Laerskool Garsfontein sy skoolloopbaan begin en by Hoerskool Garsfontein dit voltooi. Naskool het hy vir ‘n kursus in joernalistiek by Unisa ingeskryf en is selfs vandag ‘n gekwalifiseerde wildbewaarder. Musiek was egter steeds nie op sy agenda nie, waar hy eintlik gedroom het om vir die Blou Bulle rugby te speel.  

Dit was egter eendag wat Adam met sy fiets verongeluk het dat hy met musiek in aanraking gekom het.  Vir weke was Adam bedlêend en het hy sy kitaar opgetel om homself besig te hou.  In die tyd het hy homself geleer kitaar speel en sy gewilde rasperstem ontwikkel.  

So het sy passie en ‘n hongerte vir musiek begin groei en hy het musiekvertonings van ander kunstenaars bygewoon.  Een bekende afrikaanse sanger, Valiant Swart se optrede was die laaste spykerhou wat Adam nodig gehad het om sy eie musiekloopbaan te begin.